LIG | DEERNIS | HOOP

Deur God, Die Bron Van Lig En Lewe, Lewe Ons
vakansieprogram2024 google kalender

Sondag Dienste

Kerkgebou
67 4de Ln, Kleinmond
Diens – 09:30

Kerksaal/Kuierkerk
36 1ste Ln, Kleinmond
Diens – 09:00

Hangklip
2 Pillansia Str, Betty’s Bay
Diens – 09:00

Nuutste Sondagdiens

Hierdie week se opname van die Sondagdiens

Kontak gerus die kerkkantoor vir enige navrae

van Kleinmond na kogelberg

Nou vanwaar ons gemeente se nuwe naam?

53 jaar gelede het ons gemeente tot stand gekom as ‘n gemeente vir die inwoners van Kleinmond.  Oor die jare heen het die omgewing ontwikkel en al maar mense het hulle gevestig in Rooiels, Pringlebaai, Bettysbaai en Arabella.  Daarom het die kerkraad in Augustus 2023 besluit om ‘n meer inklusiewe naam vir die gemeente te gebruik wat juis uitdrukking gee aan die feit dat die gemeente die totale gemeenskap van die Kogelbergstreek insluit.  Die naam NG Gemeente Kogelberg word positief deur lidmate ontvang, alhoewel sommige nog uit gewoonte praat van Kleinmond.  Ons glo egter dat die NG Gemeente Kogelberg toenemend haar identiteit sal uitbou as ‘n geloofsgemeenskap wat binne die groter gemeenskap ‘n transformerende rol wil speel.

Kom skakel in

By Die Program

Kerssangdiens

Sondag 3 Des @ 19:00
Kerkgebou 4de Laan

Kom sing saam, bring jou familie en ons vier ‘n vroee Kersfees saam.

 

Rusplek Erediens

Woensdae @ 18:00
Kapel by 67 4de laan

Kom word saam stil in die teenwoordigheid van die Drie-Enige God.

 

Gebedsgroep

Woensdae @ 11:30

Kom voeg jou stem en hande by.