Bedieningstruktuur

Bedieningstruktuur 2020-07-08T07:40:40+00:00

Bedieningstruktuur

Sentrale Kerkraad
Die Kerkraad se taak word toegespits op oorkoepelende koördinering, bestuur en beleidgewing.

Streekkerkrade
Die gemeente is verdeel in drie streke elk met ‘n eie streekkerkraad wat aan die sentrale kerkraad verslag doen:

  • Bergstreek (Kleinmond – die deel bokant die hoofpad en Arabella)
  • Hangklipstreek (Bettysbaai, Pringlebaai en Rooiels)
  • Seestreek (Kleinmond – die deel onder die hoofpad)

Versorgingswerk in wyke
Die gemeente word in blokke verdeel volgens geografiese areas. Elke blok word in die Kerkraad verteenwoordig deur ‘n ouderling wat ‘n bestuursfunksie in die blok vervul.

Elke blok word verdeel in ongeveer 5 wyke. Elke wyk word deur ‘n wyksouderling bedien wat verantwoordelikheid neem vir die geestelike versorging van die wyk, reël van begrafnistee, wyksbyeenkomste, ensovoorts.

Elke wyk word verdeel in groepe van + 5 besoekpunte. Elke groep word versorg deur ‘n dienswerker. Hierdie sorg behels deurlopende meelewing met en ondersteuning en aanmoediging van wykslede.

Een maal per kwartaal hou die wyk ‘n wyksbyeenkoms wat op ‘n rotasie-basis deur die leraars gelei word.

Een maal per maand hou die dames in die wyk vrouebybelstudie wat deur iemand in die wyk gelei word.

Kleingroepe
‘n Kleingroep-stelsel bestaan in die gemeente en nuwe intrekkers wat wil inskakel, word by bestaande groepe ingedeel.

Huisbesoek
Huisbesoek geskied slegs op aanvraag. Reël deur u dienswerker of wyksouderling of skakel die leraar persoonlik as u ‘n besoek verlang.

Doop
Elke eerste Sondag van die maand waar moontlik.

Kategese
Graad 1 – 6 in die kerksaal en sentrum na die diens. Graad 7 – 11 spesiale program.