Diensaksies

Diensaksies 2022-04-25T11:17:32+00:00

Diensaksies en Kommissies

Kommissie vir Diensverhoudinge
(Voorsitter: Hermie van der Merwe 028 271 5294)
Die Kommissie se take is breedweg menslike hulpbronbestuur en sluit in personeelvoorsiening, -organisasie, -struktuur, -administrasie, -beleid, -opleiding -ontwikkeling en ondersteuning, asook doeltreffende bestuursprosesse.

Kommissie vir Kerkkantoorsake & Kommunikasie
(Voorsitter: Willem van der Merwe 082 783 0204)
Die kommissie beheer en bestuur die administrasie en kommunikasie van die gemeente.

Diens van Barmhartigheid
(Voorsitter: Retha de Wet 072 203 7898)
Volgens die Here Jesus se opdrag in Matt. 25 is hierdie bediening hoofsaaklik betrokke by die geestelike en materiële welsyn van ons gemeentelede. Verder is die Diensaksie ook betrokke by die nood en behoeftes wat in die gemeenskap bestaan, en hul klerekas word die ‘Omgee Boutique’ genoem.
Sop en toebroodjies vir skoolkinders word verskaf, onder leiding van Malinda Hugo by 2714351.
Die sopkombuis in Kleinmond word deur al die kerke in die gebied beman en bestuur.

Diensaksie vir Gemeentebediening
(Voorsitter: Marita Grobler 271 5821)
Die aksie het ten doel om lidmate te help om volgens hul gawes aktief by die gemeente in te skakel. Hulle evalueer bedrywighede en gee aandag aan besondere groepe, soos bejaardes en siekes.

Gesinsbediening
(Voorsitter: Alice van Rooyen 028 271 3123)
Hierdie aksie is betrokke by die aktiwiteite en behoeftes van die jeug. Dit sluit in saaldienste, kampe, jeugdienste, kategese en die Kinderkrans (KIX).

Diensaksie vir Getuienis
(Voorsitter: Gert Pretorius 082 788 6989)
Die aksie wil die gemeente toerus en mobiliseer tot betrokkenheid in die gemeenskap (Jerusalem), sowel as buite die landsgrense (Samaria) om die Evangelie van Jesus Christus op ’n praktiese wyse uit te dra. Jaarliks word ’n Getuienisfees gehou en verder uitgereik. By die Arbeidsbediening tree vrywilligers een keer per week by ’n sakeonderneming op deur ’n paar gedagtes uit die Bybel met hulle te deel.

Kommissie vir Eiendomme
(Voorsitter: Rudi Perold 083 677 3992)
Huidige en toekomsbeplanning vir die kerkgebou, die gemeentesentrum, die kerksaal en die pastorieë. Dit sluit in die instandhouding daarvan en toesig by veranderinge daaraan, asook aan die terrein en die tuine.

Aksie vir Kleingroepbediening
(Voorsitter: Dirk Kotzé 072 592 3448)
Kleingroepe/Omgeegroepe se werksaamhede is die fokus van hierdie bediening.

Kommissie vir Finansies
(Voorsitter: Le Roux Burrows 271 5808)
Die beplanning en beheer van die finansies van die gemeente, insluitend die opstel van begrotings en toesig oor toepaslike finansiële state.