Olimpiese Spele

Reeds vir 25 winters word die Olimpiese Spele, soos plaaslik vir seniors aangepas, aangebied deur die Senior Burgerklub. Vanjaar het die groot geleentheid plaasgevind op Donderdagoggend 7 September en is geopen deur ons leraar, Dr Chris Malan. Terwyl die voorsitter, Mauritz van den Berg, die prosedures en pryse verduidelik het, was Dr Chris op sy pos om dit aan die dowes in die gehoor, in gebaretaal oor te dra.

2017-09-20T11:55:19+00:00