Sooispit Seremonie

Groot belangstelling vir die eerste sooispit van die Fynbos Park Aftreeoord het op Vrydag 1 September 2017 geheers. ‘n Groot aantal belangstellendes het daarvoor opgedaag, insluitend John Tanton, argitek vir aanvanklike beplanning en Hilton Jones, wat later by hom oorgeneem het. Cynthia Coetzee het letterlik die eerste sooi gespit, vir haar inisiatief en jarelange ywer daarvoor. Die voorsitter van boukomitee van Fynbos Park, Christo Kok, het die konsep ‘lewensreg’ verduidelik en die beplande eenhede gebou gaan word uiteengesit. Vier tweeslaapkamerhuise met garage, een blok woonstelle, twee eenslaapkamerhuise en drie enkeleenhede (“bachelor”) se fondasies word tans gegrawe. Daar is reeds 50 name op die waglys. Kontak Melanie Wiles by 028 271 3602 vir verdere navrae.

2017-09-20T12:01:03+00:00